Klipkouers Potgooi

Synopsis

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin.

Episodes

  • Episode 11: Tania Vermeulen

    Episode 11: Tania Vermeulen

    25/03/2016 Duration: 36min

    Jacques Basson — Mousetrap Cheese is ’n besigheid in Kaapstad wat kaas verskaf aan restaurante en lugdienste. Tania Vermeulen, is die dryfkrag agter dié besigheid. Sy gesels met Klipkouers oor onder meer eerlikheid met kliënte en hoe emosionele betrokkenheid by personeel.

  • Episode 10: Tiaan de Jager

    Episode 10: Tiaan de Jager

    18/03/2016 Duration: 34min

    Jacques Basson — Tiaan de Jager, stigter van Medifin en Greenfin, gesels met my oor sy innoverende, webgebasseerde finansieringsdienste besigheid en onder andere hoe sy verskaffers strategiese vennote is wat bydrae tot lae koste verkope in sy besigheid.

  • Episode 9: Theresa Louw

    Episode 9: Theresa Louw

    11/03/2016 Duration: 43min

    Jacques Basson — Van medies tot regte tot pensioenfondse tot ’n hair extension spesialis… Theresa Louw, die eienaar van Make-Over Boutique, vertel onder meer aan Klipkouers hoe belangrik reputasie vir besighede is en hoe jy moet waak teen te veel aandeelhouers.

  • Episode 8: Leon Els

    Episode 8: Leon Els

    04/03/2016 Duration: 30min

    Jacques Basson — Op die ouderdom van 59 besluit Leon Els om 'n innoverende onderneming, Octcet, met 'n vriend op die been te bring. Hy gesels met my oor die uitdagings en slaggate om ʼn nuwe produk in die buiteland te loods.

  • Episode 7: Hendrik van Vuuren

    Episode 7: Hendrik van Vuuren

    26/02/2016 Duration: 27min

    Jacques Basson — Hendrik van Vuuren is die medestigter van Ekosto en gesels met my onder andere oor die 500 eiendomme wat hulle besig is om te bou en hoe werkskulture tussen die Suid-Afrikaners en Texans verskil.

  • Episode 6: Capalie Botha

    Episode 6: Capalie Botha

    19/02/2016 Duration: 40min

    Jacques Basson — Capalie Botha, stigter en breinkrag agter Elektra Ontwikkelings, gesels met my oor die satisfaksie wat hy kry wanneer hy en sy span ʼn eiendomstekening omskep in ʼn tasbare gebou, hoe eiendoms koopkulture verskil tussen verskillende stede en hoe gevaarlik emosionele besluite in eiendomsontwikkeling kan wees.

  • Episode 5: Len Fourie

    Episode 5: Len Fourie

    11/02/2016 Duration: 29min

    Jacques Basson — Len Fourie, is die breinkrag agter stads- en streeksbeplanning firma Macroplan. Len gesels met my oor hoe ekonomiese probleme, byvoorbeeld die krag krisis, onvoorsiene voordele vir SA besighede kan inhou en hoe sy kleintyd passie gelei het tot suskes is sy beroep.

  • Episode 4: Meyer le Roux van Buffelsfontein Baard-olie

    Episode 4: Meyer le Roux van Buffelsfontein Baard-olie

    04/02/2016 Duration: 23min

    Jacques Basson — Kom luister na my eerste en ROWWE aangesig tot aangesig onderhoud met die legende agter die baard, Meyer le Roux. Waar ons onder andere gesels oor die herkoms van Buffelsfontein, die toekoms, Generaal de Wet en baard toupees!

  • Episode 3: Jakes Maritz

    Episode 3: Jakes Maritz

    31/01/2016 Duration: 37min

    Jacques Basson — Expat Explore is ’n besigheid in Europa wat gemiddeld 13,000 toere per jaar reël. Die Suid-Afrikaner, Jakes Maritz, is die dryfkrag agter dié besigheid. Hy gesels met Klipkouers oor onder meer hoe om mense aan te stel en hoe jy foute moet hanteer.

  • Episode 2: Paul Vorster

    Episode 2: Paul Vorster

    25/01/2016 Duration: 31min

    Jacques Basson — Die breinkrag agter die ingenieursfirma Van Zyl en De Villiers in Engeland, Paul Vorster, gesels met Klipkouers oor vriendskap en besigheid, asook innoverende denke in die besigheidskonteks.

  • Episode 1: Kobus Wiese – Rugby legende en koffiekoning

    Episode 1: Kobus Wiese – Rugby legende en koffiekoning

    18/01/2016 Duration: 29min

    Jacques Basson — Kobus Wiese is ʼn oud-Springbok rugbyspeler wat deel was van die Rugby Wêreldbeker-wenspan van 1995. Sy kleintyd-liefde vir kos en kook het gelei tot Kobus en sy vrou, Belinda, se eerste koffiewinkel, Wiesenhof, wat oor die jare gegroei het tot 65 koffiewinkels met nog 20 tot 25 internasionale koffiewinkels in die pyplyn vir 2016.

page 11 from 11

Informações: