Klipkouers Potgooi

Informações:

Synopsis

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin.

Episodes

  • Episode 58 (Deel 1): Frans Cronjé

    23/06/2017 Duration: 25min

    Jacques Basson — Luister gerus na deel een van my onderhoud met Frans Cronje, seker een van die bekendste filmmakers is asook ’n akteur, in Suid-Afrika.

  • Klipkouer Kragklont: Frans Cronjé Bonus Vraag 1

    21/06/2017 Duration: 02min

    Jacques Basson — In my nuutste potgooi gesels ek met een van die bekendste en baie suksesvolle Afrikaanse filmmakers, Frans Cronje.

  • KPS Episode 8: Hettie Brittz

    16/06/2017 Duration: 18min

    Jacques Basson — Ek en mede-entrepreneur Tiaan de Jager delf dieper in die vorige week se potgooi onderhoud vir vars besigheidsidees en advies!

  • Episode 57 (Deel 2): Hettie Brittz

    09/06/2017 Duration: 24min

    Jacques Basson — Luister gerus na deel twee van my heerlike fassinerende gesprek met Hettie Brittz, waar ons gesels rondom een van haar besighede “Tall Trees Training” wat nou vlam gevat het in die Amerikaanse mark.

  • Klipkouer Kragklont: Hettie Brittz Bonus Vraag 2

    07/06/2017 Duration: 04min

    Jacques Basson — In my nuutste potgooi gesels ek met Hettie Brittz, skrywer, internasionale spreker en een van Suid-Afrika se voorste stemme oor ouerskapadvies.

  • Episode 57 (Deel 1): Hettie Brittz

    02/06/2017 Duration: 23min

    Jacques Basson — Die Klipkouer met wie ek gesels het isHettie Brittz en my onderhoud met haar was absoluut fassinerend. Vir die van julle daarbuite wat nie weet nie, ek is gefassineerd met hoe die brein werk, persoonlikheids dinamiek en profiele en so aan en ek dink dit is ’n area wat steeds, veral in onderwys, ’n leemte is. Soos ons in besigheid sê, “om daardie sterk punte sterker te maak en die swak punte te “outsource”. Ek het ’n lekker lang onderhoud met Hettie gehad en, weereens, wou ek nie so ’n goeie onderhoud kort sny nie en waardevolle inligting uitlaat nie. Daaromis die onderhoud in twee dele en hiermee dan deel 1 van my onderhoud met Hettie en veral in die lig daarvan dat een van haar besighede, “Tall Trees Training”, nou vlam gevat het in Amerika.

  • Klipkouer Kragklont: Hettie Brittz Bonus Vraag 1

    31/05/2017 Duration: 03min

    Jacques Basson — Tyd vir n Klipkouer Kragklont wat ’n voorsmakie is van my onderhoud met Hettie Brittz. Die meeste van ons weet wie Hettie is. Sy is ’n voorloper, sekerlik een van die top kenners in advies vir ouers oor hoe om kinders groot te maak. Haar baie bekende boek en kursus “Kweek kinders met karakter”het meeste van ons al deurgewerk. ’n Heerlike fassinerende gesprek en veral om een van haar besighede “Tall Trees Training” wat nou vlam gevat het in die Amerikaanse mark.

  • KPS Episode 7: Elmar Conradie

    26/05/2017 Duration: 17min

    Jacques Basson — Welkom by die Klipkouer Prontuit Sessie oftewel, KPS. Die idee agter hierdie video en audio sessies is addisionele praktiese advies wat uit die vorige week se potgooi onderhoud uitgegrou word in die vorm van ’n bespreking deur my, Jacques Basson en mede‑entrepreneur, Tiaan de Jager. KPS episode 7 kom uit my onderhoud met die CEO van Safair, Elmar Conradie.

  • Episode 56 (Deel 2): Elmar Conradie

    19/05/2017 Duration: 24min

    Jacques Basson — As CEO van FlySafair, die mees stiptelike lugredery ter wêreld, is dit fassinerend om te luister hoe Elmar Conradie definieer en uitbrei oor wat hulle handelsmerk so doeltreffend en suksesvol maak.

  • Klipkouer Kragklont: Elmar Conradie Bonus Vraag 2

    17/05/2017 Duration: 03min

    Jacques Basson — Verlede week kon julle deel 1 van my nuutste potgooi luister, waar ek met Elmar Conradie gesels – hy is die CEO van FlySafair, wat onlangs as die mees stiptelike lugredery ter wêreld aangewys is.

  • Episode 56 (Deel 1): Elmar Conradie

    12/05/2017 Duration: 19min

    Jacques Basson — Luister gerus na deel een van my onderhoud met Elmar Conradie, CEO van Safair, meer bekend in Suid-Afrika as FlySafair.

  • Klipkouer Kragklont: Elmar Conradie Bonus Vraag 1

    10/05/2017 Duration: 02min

    Jacques Basson — In my nuutste potgooi gesels ek met die Hoof Uitvoerende Beampte van Safair, Elmar Conradie.

  • KPS Episode 6: Ina Paarman

    05/05/2017 Duration: 25min

    Jacques Basson — Ek en mede-entrepreneur Tiaan de Jager delf dieper in die vorige week se potgooi onderhoud vir vars besigheids idees en advies!

  • Episode 55 (Deel 2): Ina Paarman

    28/04/2017 Duration: 11min

    Jacques Basson — In deel twee van my gesprek met die legendariese Ina Paarman brei ons verder uit oor die groei van die besigheid en watter stappe geneem is om hierdie trots Suid-Afrikaanse produk die wêreld in te stuur.

  • Klipkouer Kragklont: Ina Paarman Bonus Vraag 2

    26/04/2017 Duration: 02min

    Jacques Basson — Verlede week kon julle deel 1 van my potgooi met Ina Paarman luister – hier is ‘n voorsmakie van deel 2 van my gesprek met sekerlik een van die bekendste handelsname in Suid-Afrika!

  • Episode 55 (Deel 1): Ina Paarman

    21/04/2017 Duration: 25min

    Jacques Basson — Kyk, Afrikaners hóú van goeie kos. Wat is nou lekkerder as om saam met die gesin aan’t tafel te sit en kuier terwyl almal aan ‘n heerlike, tuisgemaakte bord boerekos smul?

  • Klipkouer Kragklont: Ina Paarman Bonus Vraag 2

    19/04/2017 Duration: 02min

    Jacques Basson — Klipkouer Kragklont: Ina Paarman Bonus Vraag 2

  • KPS Episode 5: Johan Stemmet

    13/04/2017 Duration: 21min

    Jacques Basson — Dis ongelooflik om te luister as ‘n suksesvolle besigheidsman en ikoon soos Johan Stemmet oor sy loopbaan en sukses gesels – nederig en plat op die aarde, maar steeds passievol na al die jare.

  • Episode 54 (Deel 2): Johan Stemmet

    07/04/2017 Duration: 24min

    Jacques Basson — In deel twee van my potgooi met Noot vir Noot vervaardiger en aanbieder Johan Stemmet gesels hy verder oor die unieke proses om ‘n episode op die kassie te kry – dis vreeslik interessant en bevat waardevolle lesse oor uithouvermoë, geduld en vernuwing.

  • Klipkouer Kragklont: Johan Stemmet Bonus Vraag 2

    05/04/2017 Duration: 02min

    Jacques Basson — Dis amper tyd vir deel twee van my onderhoud met sekerlik die bekendste Afrikaanse televisiepersoonlikheid van ons tyd – Johan Stemmet! Nederig. Aangenaam. Ongelooflike bron van praktiese besigheidsraad. ‘n Gedugte kombinasie, en ‘n resep vir ‘n briljante potgooi!

page 10 from 15