Synopsis

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensraad te ontgin.

Episodes

  • Leonie Marques

    Leonie Marques

    15/07/2020 Duration: 35min

    CliffCentral.com — Met ‘n agtergrond in boekhou, het Leonie Marques aanvanklik by die Ontvanger van Inkomste gewerk, en ook sowat 40 maatskappye se boeke van die huis af behartig. Daarna het sy ‘n ander koers ingeslaan deur ‘n tuindiens-besigheid te koop, wat sy van 100 na 300 tuine per maand uitgebrei het. Haar seun se huiswerklading, tesame met sy sport, het haar genoodsaak om te begin help met opsommings, sodanig dat sy vir maats ook begin opsommings maak het. So het Studiemeester™, 'n innoverende leerlingondersteuningsplatform wat ouers die geleentheid bied om hul kinders se leerwerklading te verlig sonder om hul akademiese groei te stuit, die lig gesien.

  • Sarel du Plessis

    Sarel du Plessis

    22/05/2020 Duration: 01h30min

    CliffCentral.com — Sarel du Plessis kan met reg beskryf word as ‘n ghoeroe van die Suid-Afrikaanse media- en bemarkingsbedryf. Met 32 jaar ervaring in die advertensiewese, bemarkingsaangeleenthede en die drukkers- en uitgewersbedryf, weet hierdie 64-jarige boorling van Edenvale so ‘ietsie’ van die media-industrie, en dra hy ook eerstehandse kennis van krisistye in die geskiedenis, soortgelyk aan die huidige COVID-19 pandemie, en hoe die mensdom weer anderkant uitgekom het. Sarel was onder andere besigheidsbestuurder van Business Day en verkope- en bemarkingsdirekteur van Times Newspapers. In die Media24-stal het hy die poste as onderskeidelik uitgewer en hoof-uitvoerende beampte van sowel die Sondagkoerant-afdeling, RCP Media, as News Media North, die uitgewers van Rapport, Beeld en Volksblad, beklee. Sarel was ook die stigter van Ads24 en algemene bestuurder van Groot FM (‘Die Groot Ontbyt), terwyl Rapport se uiters gewilde ‘Ons Sing Jou Taal’-reeks van CD’s sy breinkind was. Deesdae bedryf Sarel sy

  • Mike Bolhuis

    Mike Bolhuis

    22/04/2020 Duration: 01h19min

    CliffCentral.com — Misdaad is buite beheer. En, hoe dan anders, met statistieke wat dui op ‘n gemiddeld van 57 moorde per dag, ‘n roofaanval elke paar minute en ‘n verkragting elke vier minute... Dankie tog vir my jongste gas, Mike Bolhuis, wat dit as sy roeping sien om misdaad met hand en tand te beveg. Met meer as 35 jaar ervaring, is Bolhuis se genadelose en somtyds onortodokse stryd wat hy teen misdadigers voer welbekend, en selfs berug. Op een van sy T-hemde staan geskryf: ‘NO DRUGS, NO VIOLENCE’. Dit, in ‘n neutedop, is die fokus van Mike Bolhuis se krystog teen misdaad. Niemand is meer passievol oor die stryd teen misdaad as hy nie, veral wanneer vrouens, kinders en diere daaronder ly. Oor die jare was hy uiters suksesvol daarin om bende- en dwelmverwante misdade te beveg, tot so ‘n mate dat sy maatskappy as ‘n laaste uitweg beskou word. 'n Moderne "A-team"!

  • Meksikaanse Bier Gogga

    Meksikaanse Bier Gogga

    30/03/2020 Duration: 14min

    CliffCentral.com — Wat 'n mal tyd! Hierdie Meksikaanse Bier Gogga is besig om groot amok te maak. Ek dink die wêreld het laas met 9/11 so baie ontwrigting en onsekerheid ervaar. Maar, chaos skep geleenthede. Moet net nie perspektief verloor nie en meer belangrik: Leer, Reflekteer en Implementeer.

  • Isak Marais

    Isak Marais

    04/03/2020 Duration: 37min

    CliffCentral.com — Ontmoet Isak Marais, ‘n entrepeneur met ‘n passie vir innovasie en bemagtiging. Marais het twee dekades gelede die groot sprong gewaag om sy eie besigheid op die been te bring. Dit het aanvanklik ‘klippe kou’ gekos, maar vandag sit hy aan die stuur van die toonaangewende Bramhope Groep. Bramhope spesialiseer in die lewering van MRO (Maintenance, Repair, Operations) bestuursdienste en sagteware, en is ook invoerders en verspreiders van meer as 150,000 industriële produkte. Die meet en voorspel van verbruikersgedrag is vir Marais van belang, asook die vermoë om waarde toe te voeg. Waardetoevoeging vereis ‘n omvattende paradigmaskuif van tradisionele baksteen-en-sement ondernemings na digitaal-gebaseerde platformbesighede, asook hope buigsaamheid. Marais is ‘n strateeg en visioenêre sakeleier wat kreatiwiteit in elke aspek van besigheidsgroei toepas. Soos sy bekroonde Bramhope International School of Innovation (BISI) geloods, wat studente produktief in die maatskappy oplei.

  • ‘n Kersfees 2019 boodskap deur Jacques Basson

    ‘n Kersfees 2019 boodskap deur Jacques Basson

    24/12/2019 Duration: 13min

    CliffCentral.com — En daar is 2019 op sy rug! Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar besigheids- en persoonlike hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2020 toe!

  • Jacques Taylor

    Jacques Taylor

    13/11/2019 Duration: 41min

    CliffCentral.com — Jacques Taylor, besturende direkteur van John Deer Sub-Sahara Afrika. Die man wat deur internasionale kenners bestempel word as ‘Afrika se Landboukenner’ gesels padlangs met my oor sy loopbaanpad, wat hom van die navraagtoonbank in die Bloemfontein-tak van Standard Bank geneem het na die vooruitstrewende boeregemeenskap van Schweizer-Reneke, die glanskantore van Johannesburg en Nigerië se welvarende landboumark tot, uiteindelik, die bestuurstoel van John Deere in Boksburg.

  • Alishia van Deventer

    Alishia van Deventer

    04/10/2019 Duration: 40min

    CliffCentral.com — Alishia van Deventer is die stigter van die publisiteitsmaatskappy, Starburst Promotions. Van haar suksesvolle kliënte en projekte sluit in musikante soos ADAM, Joshua na die Reën, Bouwer Bosch en Die Heuwels Fantasties, asook films soos Pad na jou Hart, Leading Lady en Ballade vir ’n Enkeling. Sy vertel my o.a. van foute wat opkomende kunstenaars moet vermy.

  • Henk Pretorius

    Henk Pretorius

    11/09/2019 Duration: 29min

    CliffCentral.com — Oud Egoli-akteur, Henk Pretorius, is die mede-stigter van Dark Matter Studios met kantore in Johannesburg en Londen. Hy het ‘n hele paar suksesvolle flieks op sy kerfstok wat o.a. die suksesvolle Bakgat! fliek trilogie, Leading Lady en Modder en Bloed insluit. Hulle benadering tot spanbou en “fliek finansiering” is uniek.

  • Hennie Ferreira

    Hennie Ferreira

    29/08/2019 Duration: 29min

    CliffCentral.com — Osidon is die wêreld se eerste digitale rekenmeester en gebore uit pyn en frustrasie nadat stigters, Hennie en Melissa Ferreira, 'n bloutjie geloop het met hul vorige digitale besigheid se Rekenmeester. Osidon automatiseer SME's se "compliance" vir boekhouding, belasting en menslike hulbron-bestuur en het baie aggressiewe groeiplanne wat Suid-Afrika, die VSA en VK insluit. Kom hoor hoe lyk die toekoms van boekhouding.

  • Annette Muller

    Annette Muller

    07/08/2019 Duration: 28min

    CliffCentral.com — Daar is ‘n rede hoekom Annette Muller benoem is deur Forbes as een van Afrika se besigheidsleiers om dop te hou. Haar 2de en nuutste digitale besigheid, Flexyforce, stel besighede in staat om al hulle verskaffers en veral kontrak- en afstandwerkers effektief te bestuur en te betaal op een digitale platform. Die “Future of Work” het gearriveer in ons globale dorpie.

  • Hannon Bothma  Julius Swart

    Hannon Bothma & Julius Swart

    24/07/2019 Duration: 26min

    CliffCentral.com — Hannon Bothma en Julius Swart is die mede-stigters van die baie suksesvolle HANNON-handelsmerk. Hannon is veral 'n bekende gesig op die televisie program Glam Guru. Hulle storie is inspirerend en weereens 'n herinnering dat passie en harde werk gevolg word deur sukses!

  • Pepe Marais

    Pepe Marais

    10/07/2019 Duration: 27min

    CliffCentral.com — Pepe Marais, is die mede-stigter van Joe Public United, een van die grootste advertensie agentskappe in SA met 'n jaarlikse omset van R700 miljoen. Nadat die besigheid bankrot gespeel het in 2009 (omdat Pepe 'n waardegedrewe besluit geneem het), het hulle die besigheid honderdvoudig begin groei deur op sy eie en sy span se "purpose" te fokus en nie deur bloot winste na te jaag nie.

  • Cornelia van Niekerk

    Cornelia van Niekerk

    26/06/2019 Duration: 23min

    CliffCentral.com — Oud-onderwyseres, Cornelia van Niekerk, is die stigter van FINES4U. Vir die afgelope dertien jaar hanteer hulle verkeersboetes names individue en besighede wat van die grootste motorhandelaars insluit. Hulle het beslis my lewe ‘n bietjie minder kompleks gemaak!

  • Omri Van Zyl

    Omri Van Zyl

    12/06/2019 Duration: 24min

    CliffCentral.com — Omri Van Zyl is die uitvoerende hoof van Agri SA en die 2016 wenner van CEO Global se prestige-prys vir sy bydrae tot landbou in Afrika. Om 28,000 boere lidmate wat strek oor 26 verskillende tipe boerderye, waarde toe te voeg en gelukkig te hou, sit nie in enige man se broek nie.

  • ‘n Paar gedagtes van Jacques Basson

    ‘n Paar gedagtes van Jacques Basson

    29/05/2019 Duration: 16min

    CliffCentral.com — Ek was bietjie “baie” stil die afgelope paar weke en wou net vinnig inloer en jou vertel waarmee ek besig bv. - hoe ek geld maak; - ‘n nuwe besigheid genaamd CommWealth; - ‘n Landbou Potgooi wat in wording is; - ‘n nuwe potgooi onderhoud struktuur en produksie proses; - help Hannon produkte aanlyn verkoop en; - ‘n paar Japanese wyshede vir ‘n ekstra huppel in jou knuppel!

  • Martin Schoeman

    Martin Schoeman

    08/05/2019 Duration: 01h03min

    CliffCentral.com — Martin Schoeman is die stigter van Sangoma Safaris en wenner van die 'Wildteler van die Jaar 2018' titel. Die fokus van Sangoma Safaris is bewaring deur benutting. Hulle benut die hele waarde ketting van die wild bedryf en natuur. Hulle wek hulle eie krag op deur sonkrag, plant hulle eie voer, vir die wild wat hulle self teël. Jag hulle wild en verwerk die vleis in hulle eie slaghuis.

  • Pieter Cilliers

    Pieter Cilliers

    30/04/2019 Duration: 31min

    CliffCentral.com — Pieter Cilliers is die eienaar van SignMasters of Tyler in Texas, VSA. Hy gesels met my onder meer oor sy Suid Afrikaanse besighede en hoe hy te werk gegaan het om ? nuwe onderneming in Texas suksesvol te vestig.

  • Leon Els

    Leon Els

    17/04/2019 Duration: 31min

    CliffCentral.com — Die buiteland het sy eie uitdagings as dit by sake kom. Dit kan baie uitdagend wees om ? sakeonderneming in die buiteland te begin. Leon Els, eienaar van Octcet, gesels met Klipkouers oor die slaggate. Hy gee ook raad oor luister en die belang daarvan.

  • Dawie Swart

    Dawie Swart

    03/04/2019 Duration: 56min

    CliffCentral.com — Dawie Swart is die vooruitdenkende Hoof Uitvoerende Beampte van Investicore Holdings (Pty) Ltd. Hulle belê in eiendomme hoofsaaklik deur filiale maatskappye wat tesame met verskeie beleggers besit word. Die maatskappy se hooffokus is op industriële en kommersiële eiendomme, maar daar word ook geleenthede in alle sektore van die eiendomsmark geïdentifiseer.

page 1 from 4

Informações: