Gereformeerde Kerk Graaff-reinet

Fil. 1:20b-24 | ... om te lewe, of... om nie te lewe nie..!

Informações:

Synopsis

Die geheim van die lewe. Wat is dit? Beteken dit dalk iets soos om suksesvol te wees wat my beroep aanbetref, goeie finansiële sukses te behaal of 'n goeie sosiale lewe of gesinslewe te geniet... of anders gestel, om so 'voluit' te lewe en op einde te kan sê, dit was alles die moeite werd...? Vraag is: Kan dit as die 'geheim van die lewe' beskryf word as dit alles net tydelik van aard is? Ons kan eers werklik van 'lewe' praat as dit soveel meer is as bogenoemde. Soos die ewige lewe. Paulus verduidelik en sê dis daardie lewe saam met Jesus wat nie vasgebind (teks: 'vasgeketting') kan word aan die tydelike dinge en omstandighede van hierdie wêreld nie... In ons teks bevind hy homself nogals in 'n 'dilemma' - moet hy hier op aarde bly en vir die Here werk... Of sal dit beter wees as hy gaan en hy dan by die Here is...? Genadiglik vir hom en ons almal, is dit iets waaroor die Here sal besluit... Eers as ek dit so sien begin hierdie lewe regtig vir my sin maak en kan ek ook uitsien na die ander lewe hierna.... en