Gereformeerde Kerk Graaff-reinet

Sag. 8:19,23| Geloof gaan sit nie sommer net in jou klere nie...!

Informações:

Synopsis

Profeet Sagaria sien in aantal gesigte dat die Here se volk uit ballingskap sal terugkeer en dat die stad Jerusalem en die tempel weer herstel sal word... 'n baie wonderlike tyd, wat ook tot gevolg sal hê 'n tyd van blydskap en vrede... En tog... tipies die liggelowige volk van die Here is daar nog soveel vrae, soveel twyfel! Omdat hulle die 'onmoontlike' letterlik uit die godsdiens gehaal het en daarom alles vir hulle (die volk) 'onmoontlik' lyk...  en sou dit ook kon beteken dat dit vir God onmoontlik moet wees (6)... ? Hy is tog immers God die Almagtige! Hy is hartstogtelik 'begaan' (2) oor hulle. Hoeveel keer moet Hy dit nog herhaal? Sy teenwoordigheid hier in Jerusalem (3) beteken juis genade en deernis. Sodat hulle kan weet: swaarmoedige vasdae gaan nou in wonderlike feesdae verander...! ... En dis dan juis daardie besondere iets wat die innerlike, harte gaan verander... en nie sommer net iets wat uiterlik in jou klere gaan bly sit nie... ! https://youtube.com/live/Kv7KiaSqBPI