Gereformeerde Kerk Graaff-reinet

Luk. 18:15| ...die wonder van geloofskind te wees...of dalk net 'kinder-agtige' kind te wees...?

Informações:

Synopsis

Baie van ons gewoontes en ook karaktertrekke, positief of negatief, is afkomstig uit die tyd toe ons nog kinders was... En so neem die Here Jesus ons dan juis ook terug na ons kinderdae as Hy praat van klein kindertjies en hulle manier van doen... En een saak wat veral hier uitstaan: Hy rig Sy boodskap EINTLIK aan grootmense, en nie soseer kinders soos wat ons dalk sou verwag nie...! En tog is Sy bedoeling verseker nie dat ons weer soos kinders moet word, redeneer of optree nie... MAAR dat daar veral een aspek van kindwees is wat Hy wil uitsonder en in ons geloof veral, moet nastreef... Hy sê: dit beteken dat ons sonder enige voorwaardes of eie belangrikheid Sy koninkryk - soos 'n kind - met ope arms moet aanvaar en omhels...want anders, kan ons Sy koninkryk 'NOOIT' ingaan nie... ENIGE ander manier, waar ons as 'grootmense' miskien sou dink dat ons deur eie belangrikheid of eie 'volwassenheid' sy koninkryk sou kon ingaan is eintlik maar niks anders as net blote verwaandheid of 'kinder-agtigheid'...!  Opgesom