Gereformeerde Kerk Graaff-reinet

HK 29-30; V/A 78-80, Joh. 6:54-55 & Mat. 26:26-28| Die betekenis en verwantskap van brood en wyn met die liggaam en bloed van Christus.

Informações:

Synopsis

Gelowiges moet verstaan hoe Christus teenwoordig is by die Nagmaalstafel, sodat ons nie mislei word deur onbybelse idees nie. Hiervoor moet ons weet wat bedoel word met die instellingswoorde van ons Here Jesus by die Nagmaal. Wat beteken dit dan as Jesus sê: “(Hierdie brood) is my liggaam”, en “(Hierdie wyn) is my bloed”. In die prediking sal ons dan onder die volgende punte hoor presies hoe ons deur die deelname aan die Nagmaal waarlik gemeenskap met Christus se liggaam en bloed het: 1. Die liggaam en bloed van Jesus Christus in die nagmaal 2. Jesus Christus se teenwoordigheid by die nagmaal     https://youtu.be/qxsbXNHAAJE