Gereformeerde Kerk Graaff-reinet

Efesiërs 6:10-13| In ons stryd moet ons kragtig word in die Here deur die wapenrusting van God.

Informações:

Synopsis

Die oomblik toe God ons lewend gemaak het, het ons 'n nuwe stryd gekry om in die geloof te stry. As gelowiges word ons geroep om sterk weerstand te bied teen die Bose en teen die sonde. Ons is dus soldate wat geroep word om in 'n geestelike oorlog die stryd te voer, en 'n soldaat wat nie opreg en eg in sy hart en gedagte is nie, sal nie staande kan bly in hierdie oorlog nie. Daarom moet gelowiges deur die Here bekragtig word vir hierdie stryd, sodat ons kan staande bly teen die aanslae van die Bose.  Terwyl die Here ons toerus vir hierdie stryd, roep Hy ons ook op om die wapenrusting wat Hy beskik, aan te trek. In die prediking hoor ons wat is die aard van die stryd (vv. 10-13) en ontvang ons die opdrag: bied sterk weerstand deur die wapenrusting (vv. 14-17) https://youtu.be/MyrvEzQIi-s