Klipkouers Potgooi

Informações:

Synopsis

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin.

Episodes

  • Episode 90: Marinus Du Plooy

    12/09/2018 Duration: 01h19min

    Jacques Basson — Mufasa Biltong het ‘n leeu-moed sweep slag. Dit is ‘n biltong groep in Perth. Met 6 winkels en ‘n fabriek het hierdie familie besigheid vernuf getoon in ‘n vreemde land. Marinus Du Plooy is saam met sy pa en die res van die familie in Perth, en deel met ons hul entrepreneur storie wat in 2009 begin het. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 89: Jak De Priester

    05/09/2018 Duration: 01h13min

    Jacques Basson — Jak De Priester, liedjieskrywer - entrepreneur - digter-blogger - televisiepersoonlikheid - sanger te veel koppeltekens. Saam met hierdie ou wil jy die lewe doen. Ons gesels oor die besigheid van vermaaklikheidskunstenaar en hoe so 'n tipiese besigheidsmodel lyk en werk. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 88: Adrie Smit

    29/08/2018 Duration: 01h03min

    Jacques Basson — Adrie het ‘n passie om klein en medium besighede in te lig rondom arbeidsake. Sy het ‘n handleiding hieroor geskryf saam met Quintin Davies, met die titel Understanding SA Labour Law, en lig besighede landwyd in. Met 22 jaar se nasionale en internasionale ondervinding rondom arbeidsake kom vertel sy Klipkouers die moets en moenies oor Arbeidswetgewing, want soos sy “Dit is nie ‘n kwessie van of jy ‘n arbeids geskil op jou tafel gaan hê nie, dit is wanneer”. Kom luister verder hoe ons hieroor gesels. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 87: Rianette Leibowitz

    22/08/2018 Duration: 01h10min

    Jacques Basson — SaveTNet is ‘n Nie Winsgewende Maatskappy wat beoog om lewens te red deur bewustheid te skep onder ouers en die jeug oor verantwoordelike aanlyn interaksie deur die ondersteuning van globale partye wat betrokke is. Ongelukkig vind ons nie net meer boelies op die speelgrond nie, maar hulle speel ook nou op die Internet en sosiale netwerke. Rianette Leibowitz is ’n geakkrediteerde kommunikasie spesialis en kuberveiligheid aktivis wat daarop fokus om bewusmaking te skep en om lewens te red. Sy gebruik haar passie vir verhoudings om maatskappye en groepe te help om digitale spasie verantwoordelik te bestuur. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 86: Chrisna van Rensburg

    15/08/2018 Duration: 01h06min

    Jacques Basson — Chrisna van Rensburg is die oudste van 6 kinders en kom uit ‘n predikantshuis. Sy het in Mariental in die ou Suidwes-Afrika grootgeword. Haar passie vir boeke en Afrikaanse literatuur is aangesteek as klein dogtertjie by in haar Pa se biblioteek. Kakkerlak aanlyn boekwinkel is die grootste Afrikaanse boekwinkel in die land in privaat besit. Sy roem haar op goeie dienslewering en uit haar 15 000 boeke kan jy boeke vind wat ons nie meer vandag in gewone handel kry nie. Haar liefde vir kinderliteratuur, en kunstenaars maak hierdie vrou 'n lopende ensiklopedie en haar storie is bindend. Kom luister hoe hierdie entrepreneur uit 'n stokperdjie 'n winsgewende bedryf kom maak het. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 85: Mia Kruger

    08/08/2018 Duration: 01h01min

    Jacques Basson — Sy het grootgeword in Johannesburg, was van jongs af aangemoedig om te begroot, te spaar en so veel as moontlik te lees. Met haar pa as mentor en rolmodel is sy bekendgestel aan mense soos Warren Buffet en Benjamin Graham. Sy het aktuariële wetenskap gestudeer. As CFA het sy as mentor in die CFA internasionale intervarsity kompetisie gedien. As professionêle beleggers bestuur hulle die bates van drie en ‘n half miljard rand. Kom luister hul storie van internasionale afdrukke. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 84: Chimae Goncalves

    01/08/2018 Duration: 01h13min

    Jacques Basson — Chimae het haar besigheid, Supply Chain Partner, binne drie jaar opgebou tot ‘n internasionale besigheid met kantore in Kanada en Ilse of Man. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 83: Jacques Basson

    25/07/2018 Duration: 26min

    Jacques Basson — Hierdie week gaan ek die geleentheid gebruik om jou te vertel waarmee ek besig is, die finansiële deurbrake vir Klipkouers as potgooi, my tweede potgooi wat ek binnekort gaan loods (genaamd BOS) en twee haai stories! Lekker luister en onthou: Aanhouer Wen. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 82: Nelius Dannhauser

    18/07/2018 Duration: 01h02min

    Jacques Basson — Nelius is 'n handelsvlieënier wat Boeings vir Comair vlieg, maar sy dag tot dag funksie het verander. Hulle vlieëniers opleidings skool het besef dat hulle opleiding, veral om stresvolle en lewensgevaarlike situasies te hanteer , ook geleer en toegepas kan word in die korporatiewe wêreld. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 81: Bouwer Bosch

    11/07/2018 Duration: 01h26min

    Jacques Basson — Bouwer is ‘n sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur, entrepreneur en net ‘n lekker ou. Ons delf bietjie dieper in veral die besigheid van film en hoe die tipiese besigheidsmodel lyk en werk. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 80: Dr Jacques Faul

    04/07/2018 Duration: 43min

    Jacques Basson — Jacques is die CEO van Titans Cricket en in my opinie, die suksesvolste sport CEO in SA op die oomblik. Kom luister hoe die besigheid van krieket werk en hoe Jacques dink en doen. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 79: Jaco Gerrits Onderhoud 2

    27/06/2018 Duration: 01h12min

    Jacques Basson — Hierdie man is ver voor sy tyd en 'n massiewe aanwins vir entrepreneurskap in Suid-Afrika. Een van sy baie suksesvolle besighede is Crashdetech, wat gelei het daartoe dat hy aangewys was as Sosiale Entrepreneur 2016. Verder is hy ook 'n model en Ambassadeur vir Biogen...brains en 'n sixpack!

  • Episode 78: Willim Welsyn

    20/06/2018 Duration: 01h28min

    Jacques Basson — Willim is ‘n mede Potgooi Pionier wat onlangs geskiedenis gemaak het toe sy potsending, WAT, ‘n ATKV- mediaveertjie gewen het. Dis die eerste keer ooit dat ‘n onafhanklike potsending die toekenning wen WAT histories net vir radio omroepers beskore was. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 77: Deonne le Roux

    13/06/2018 Duration: 01h10min

    Jacques Basson — Deonne le Roux het die Old Mutual National Retail Revolution toekenning vanaf 2002 al agt keer gewen vir sy juwelierswinkel. Ons praat veral oor hoe belangrik kompetisie vir enige besigheid is en wat met sy besigheid gebeur het toe hy die meeste van sy kompetisie se deure toegemaak het. Fassinerende gesprek!

  • Episode 76: Leilani Kuter

    06/06/2018 Duration: 01h15min

    Jacques Basson — Leilani se positiewe energie en houding is aansteeklik! Haar nuutste besigheid, Date Night SA, het al amper 200,000 Facebook volgelinge. Kom luister hoe alles begin het en meer belangrik, hoe sy die wêreld 'n beter plek maak vir elke R1 wat sy verdien. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 75: Francois van Niekerk

    30/05/2018 Duration: 02h05min

    Jacques Basson — Die biljoenêr wat nie een is nie. My belangrikste en kragtigste onderhoud nog. Francois is die stigter van die Mertech Groep wat bestaan uit 200 maatskappye en die Mergon Foundation wat elke jaar meer as R100 miljoen aan Christen liefdadigheidsorganisasies skenk. Hy is oa die mede-stigter van die Atterbury Groep. Ek beplan om vir 20 gelukkige Klipkouers sy boek, Doing Business With Purpose, te gee. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 74: Helmi Müller

    23/05/2018 Duration: 35min

    Jacques Basson — Helmi is die stigter en CEO van Blackland Industries wat fokus op die ontwikkeling van premier huise...huise van so R30 miljoen! Sy entrepreneuriese reis is 'n inspirerende storie van laagte punte, 'n kleintyd vriend wat aansluit en natuurlik hulle volgehoue ontwikkeling en suksesse. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 73: Julie Venter

    16/05/2018 Duration: 46min

    Jacques Basson — Sekerlik een van my gunsteling onderhoude hierdie jaar. Ons gesels bietjie koffie. Kom hoor hoe sy haar mobile koffiebesigheid begin het. Asook die krag van ‘n selfbetalende bemarkingstrategie. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 72: Charl Oberholzer

    09/05/2018 Duration: 35min

    Jacques Basson — Kom luister hoe Charl sy natuurlike kreatiwiteit gefokus het ten einde sy eerste T-hemp handelsmerk, De Afrikander, te omskep in ‘n suksesvolle kleinhandel winkel, De Afrikander Handelshuis, wat gefokus is op die internasionale toerismebedryf. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 71: Bernie van Niekerk

    02/05/2018 Duration: 54min

    Jacques Basson — Ek sal heeldag lank met hierdie interessante man kan gesels. Bernie is die stigter en CEO van Commerce Edge en ‘n e-Procurement pionier. Hulle is die grootste speler wanneer dit by opleiding, publikasie en konferensies kom, aangaande Aankope en Aankopers. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

page 8 from 15