Gereformeerde Kerk Graaff-reinet

Informações:

Synopsis

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet: Geloof, Gawes, Gedrag. Preke en ander klankopnames.

Episodes

  • Jak. 2:1-4| Jakobus Reeks: Moet nie iemand na die uiterlike beoordeel nie

    05/02/2024 Duration: 25min

    (1) Gelowiges moet, soos God, (2) nie onderskeid tussen mense tref op grond van die uiterlike nie, (3) want dit maak van ons regters wat nie die heerlikheid van Christus in die oog hou nie. https://youtube.com/live/yAoT0k26vaM 

  • Geselekteerde tekste| "Die Bybel is vol weersprekings!"

    29/01/2024 Duration: 31min

    (1) Die Bybel is deur die Gees geïnspireer en (2) onfeilbaar, daarom kan dit geen weersprekings bevat nie   https://youtube.com/live/2K_U6aTQ4vQ 

  • Ps. 35| Psalms, Boek 1-Reeks: Die Here veg vir ons

    29/01/2024 Duration: 29min

    (1) Die Here help in ons vervolgingstryd, (2) herstel ons lewe en (3) handhaaf ons reg!   https://youtube.com/live/EflP8nTkz0Q  

  • Mark. 10:42-45| Vry om te dien

    08/01/2024 Duration: 25min

    (1) Die wêreld is vasgevang in 'n eindelose siklus van oorheersing en onderwerping, (2) maar Christus maak ons vry om te dien.   https://youtube.com/live/2oO02Z7qonk 

  • Jes. 43:18,19| Vergeet en kyk vooruit!

    02/01/2024 Duration: 23min

    (1) Die Here beveel ons om nie in die verlede vas te steek nie, maar om (2) vooruit te beweeg na die vernuwing wat Hy bewerk!   https://youtube.com/live/8DrqMCn4wno 

  • Hand. 5:4| Die Heilige Gees is waarlik God en is geregtig op ons lof

    27/12/2023 Duration: 24min

    (1) Ons sien bewyse van die Godwees van die Heilige Gees in die Bybel (2) en ook in sy eienskappe wat ooreenstem met die Vader en die Seun (3) daarom moet ons die Heilige Gees aanbid en loof as God omdat Hy waarlik God is.   https://youtube.com/live/zMupHirrXtI 

  • 1 Pet. 1:15,19| Ons word gered om heilig te lewe vir God

    18/12/2023 Duration: 24min

    (1) God red ons elkeen deur die offer van die vlekkelose Lam, Jesus Christus, (2) Daarom moet ons in dankbaarheid heilig leef.   https://youtube.com/live/aGUkAI0jiog 

  • 1 Pet. 2:4,5| God kies sy Kerk sodat ons lewende offers aan Hom bring

    11/12/2023 Duration: 24min

    (1) God uitverkies ons as sy heilige Kerk (2) wat lewend gemaak word deur Jesus Christus, die uitverkore hoeksteen (3) sodat ons onsself kan toewy aan Hom as lewende offers.   https://youtube.com/live/vKo7YiJkRB8 

  • Ps. 34| Psalms, Boek 1-Reeks: Die plan van aksie as ek op my laagste is

    04/12/2023 Duration: 29min

    Wanneer ons op ons laagste is: (1) moet ons die Here steeds prys, (2) sy goedheid proe, (3) en ontsag vir Hom hê.   https://youtube.com/live/hSSFkq_5B-c 

  • Jak. 1:22-25| Jakobus Reeks: Ontvang die Woord deur dit te dóén!

    27/11/2023 Duration: 27min

    Drie redes waarom ons die Woord moet dóén: (1) as ons net die Woord hoor mislei ons onsself, (2) en groei ons nie, (3) maar as ons die Woord hoor en dóén word ons geseën!   https://youtube.com/live/KSybQ3Yuujo 

  • Ps. 33| Psalms, Boek 1-Reeks: 'n Lofsang pas by opregtes

    20/11/2023 Duration: 30min

    (1) Christene sing, (2) as gevolg van die woord en werke van die Here!   https://youtube.com/live/tVJkxOkdFds 

  • Geselekteerde tekste| Die Woord en die weermag

    13/11/2023 Duration: 37min

    Die Bybelse perspektief op (1) die wêreld, (2) die weermag en (3) die hoop wat ons het te midde van oorloë. https://youtube.com/live/mj2DOdgJrFQ

  • Jak. 1:19-21| Jakobus Reeks: Hoe ontvang jy die Woord?

    06/11/2023 Duration: 29min

    (1) Egte Christenskap is om die ingeplante Woord te ontvang (2) met 'n gesindheid van ontvanklikheid, leergierigheid, nederigheid en sagmoedigheid   https://youtube.com/live/2RF8v0MOfh0 

  • Geselekteerde tekste| Geniet die werk van die Heilige Gees!

    01/11/2023 Duration: 31min

    Ons geniet (1) die skeppende en ordende werk van die Gees in die natuur en (2) veral die werk van die Gees in ons deur middel van die Here se gewone genademiddele!   https://youtube.com/live/SfwWf_BL6NQ 

  • Jak. 1:13-18| Jakobus Reeks: Wie se skuld is dit?

    23/10/2023 Duration: 23min

    Wanneer ons (1) in ons hart verlei word moet ons nie God die skuld daarvoor gee nie, want (3) Hy het ons verwek en is volkome goed vir ons! https://youtube.com/live/9Suuszs8Htw 

  • Ps. 32| Psalms, Boek 1-Reeks: Die verligting wat vergifnis bring

    16/10/2023 Duration: 32min

    Hierdie Psalm leer ons (1) van God se vergifnis, (2) die verligting wat vergifnis vir ons bring en (3) die verstand wat ons nodig het. https://youtube.com/live/-ONvisAPlwg 

  • Jak. 1:12| Jakobus Reeks: Die seën en sukses van 'n gelowige

    16/10/2023 Duration: 34min

    (1) Die Here se definisie van 'n geseënde is een wat volhard in versoeking en (2) Sy definisie van sukses is om die oorwinningskrans te ontvang! https://youtu.be/g2eQ0RtyNBo

  • Mark. 3:2,5| Die verharde hart

    02/10/2023 Duration: 33min

    Ons sien (1) die simptome van trotse godsdienstiges se verharde harte en ook (2) die sagte hart van ons Here Jesus Christus. https://youtube.com/live/kPTEwJdNA8Q 

  • Sag. 8:19,23| Geloof gaan sit nie sommer net in jou klere nie...!

    26/09/2023 Duration: 35min

    Profeet Sagaria sien in aantal gesigte dat die Here se volk uit ballingskap sal terugkeer en dat die stad Jerusalem en die tempel weer herstel sal word... 'n baie wonderlike tyd, wat ook tot gevolg sal hê 'n tyd van blydskap en vrede... En tog... tipies die liggelowige volk van die Here is daar nog soveel vrae, soveel twyfel! Omdat hulle die 'onmoontlike' letterlik uit die godsdiens gehaal het en daarom alles vir hulle (die volk) 'onmoontlik' lyk...  en sou dit ook kon beteken dat dit vir God onmoontlik moet wees (6)... ? Hy is tog immers God die Almagtige! Hy is hartstogtelik 'begaan' (2) oor hulle. Hoeveel keer moet Hy dit nog herhaal? Sy teenwoordigheid hier in Jerusalem (3) beteken juis genade en deernis. Sodat hulle kan weet: swaarmoedige vasdae gaan nou in wonderlike feesdae verander...! ... En dis dan juis daardie besondere iets wat die innerlike, harte gaan verander... en nie sommer net iets wat uiterlik in jou klere gaan bly sit nie... ! https://youtube.com/live/Kv7KiaSqBPI 

  • Fil. 1:20b-24 | ... om te lewe, of... om nie te lewe nie..!

    18/09/2023 Duration: 35min

    Die geheim van die lewe. Wat is dit? Beteken dit dalk iets soos om suksesvol te wees wat my beroep aanbetref, goeie finansiële sukses te behaal of 'n goeie sosiale lewe of gesinslewe te geniet... of anders gestel, om so 'voluit' te lewe en op einde te kan sê, dit was alles die moeite werd...? Vraag is: Kan dit as die 'geheim van die lewe' beskryf word as dit alles net tydelik van aard is? Ons kan eers werklik van 'lewe' praat as dit soveel meer is as bogenoemde. Soos die ewige lewe. Paulus verduidelik en sê dis daardie lewe saam met Jesus wat nie vasgebind (teks: 'vasgeketting') kan word aan die tydelike dinge en omstandighede van hierdie wêreld nie... In ons teks bevind hy homself nogals in 'n 'dilemma' - moet hy hier op aarde bly en vir die Here werk... Of sal dit beter wees as hy gaan en hy dan by die Here is...? Genadiglik vir hom en ons almal, is dit iets waaroor die Here sal besluit... Eers as ek dit so sien begin hierdie lewe regtig vir my sin maak en kan ek ook uitsien na die ander lewe hierna.... en

page 2 from 5