Gereformeerde Kerk Graaff-reinet
- Author: Vários
- Narrator: Vários
- Publisher: Podcast
- Duration: 49:32:12
- More information
Informações:
Synopsis
Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet: Geloof, Gawes, Gedrag. Preke en ander klankopnames.
Episodes
-
1 Tim. 1:15,16| God red ons van ons sondes sodatons van Sy genade kan getuig aan ander
05/12/2022 Duration: 25minOns elkeen wat Christus as Here het word deur God se genade gered. Die vraag is, is ons dankbaar vir hierdie genade? Al ons sondes, tot die ergste daarvan, word deur Christus betaal (1), en die Heilige Gees roep ons om aan ander te getuig daarvan (2). Dit is dit merkteken vir ons lewens as gelowiges (3). https://youtu.be/LhrPzUOnSBo
-
1 Timoteus 1:8,11| God se wet is gegee aan ons tot ons voordeel
28/11/2022 Duration: 30min(1) Ons benodig ’n gesonde leer oor God se Woord, (2) Die gesonde leer wat verkondig van ons Here Jesus Christus ons verlosser. (3) Ons leer wel van die afwykings van God se Woord: die wat na regs afwyk en die wat na links afwyk – Die een wat die wet verloën en die wat die wet gebruik vir hul redding. (4) Beide moet verwerp word, God se wet is goed en moet goed gebruik word. https://youtu.be/QD5sCEyZpRg
-
Genesis 37:19-20| Sonde maak ons blind en hard en onvoldoende.
21/11/2022 Duration: 49minSonde maak ons blind en hard en onvoldoende. https://youtu.be/OWd6Lw8tmqc
-
Genesis 37:3-4| Ons het ’n diepenood aan die Here se genade in ons gesinne
14/11/2022 Duration: 42minOns het ’n diepenood aan die Here se genade in ons gesinne https://youtu.be/TAmAmRMDyF8
-
Luk. 18:15| ...die wonder van geloofskind te wees...of dalk net 'kinder-agtige' kind te wees...?
14/11/2022 Duration: 33minBaie van ons gewoontes en ook karaktertrekke, positief of negatief, is afkomstig uit die tyd toe ons nog kinders was... En so neem die Here Jesus ons dan juis ook terug na ons kinderdae as Hy praat van klein kindertjies en hulle manier van doen... En een saak wat veral hier uitstaan: Hy rig Sy boodskap EINTLIK aan grootmense, en nie soseer kinders soos wat ons dalk sou verwag nie...! En tog is Sy bedoeling verseker nie dat ons weer soos kinders moet word, redeneer of optree nie... MAAR dat daar veral een aspek van kindwees is wat Hy wil uitsonder en in ons geloof veral, moet nastreef... Hy sê: dit beteken dat ons sonder enige voorwaardes of eie belangrikheid Sy koninkryk - soos 'n kind - met ope arms moet aanvaar en omhels...want anders, kan ons Sy koninkryk 'NOOIT' ingaan nie... ENIGE ander manier, waar ons as 'grootmense' miskien sou dink dat ons deur eie belangrikheid of eie 'volwassenheid' sy koninkryk sou kon ingaan is eintlik maar niks anders as net blote verwaandheid of 'kinder-agtigheid'...! Opgesom
-
Ps. 77:5,7,8,11| ... vir daardie tye as my ooglede moet 'waghou'...!
31/10/2022 Duration: 28minVir ons as gelowiges is dit ‘n wonderlike troos dat God, ons hemelse Vader, alomteenwoordig, almagtig, onveranderlik, wys en regverdig is... Tog kom daar soms momente in elke gelowige se lewe dat Sy wee vir ons onverstaanbaar en onbegryplik is. Soveel so dat dit so baie gemengde gevoelens by ons wakkermaak. Mens sou dit seker, tereg ook, 'die dilemma van die geloof' kon noem? Maar ons hoef nie alleen te voel nie. Selfs Asaf van Psalm 77 het hiermee soveel keer, tot diep in die nag, geworstel... en sy grootste bekommernis: ...se nou maar net God gaan verander en nie meer optree soos voorheen nie....? Maar anders as die veranderlikheid en wispelturigheid van die mens is God soveel anders...Hy bly getrou op Sy 'pad' - veral as dit by sy kinders se wel en wee kom...! ... En so gebeur dit dan dat Asaf, na so baie onnodige worsteling, sy 'Psalm van die nag' met ‘n loflied kan afsluit...! https://youtu.be/m7ZJ8yArXj4
-
Open. 1:7; 22:17| Kom, Here Jesus! Is jygereed daarvoor?
24/10/2022 Duration: 13minJesus kom. Hoe Hy kom. Is jy gereeddaarvoor? Gevolge vir gelowiges en ongelowiges. Maak jou gereed. Hoe? https://youtu.be/8h7a5-GeIFI
-
Ef. 6:14-17| Efesiërs Reeks: Bly staan met die volle wapenrusting van God aan
10/10/2022 Duration: 30minOm as Christen op jou pos te kan bly staan, moet jy God se volle wapenrusting aantrek: (i) die gordel, (ii) borsplaat, (iii) skoene, (iv) skild, (v) helm en (vi) swaard https://youtu.be/venILvv_XkY
-
Kol. 1:18| Die regte fokus vir die res van die jaar
03/10/2022 Duration: 21minhttps://youtu.be/m2Uf9ss2NKI
-
Ef. 6:10-13| Efesiërs Reeks: Ons is in 'n geestelike oorlog!
27/09/2022 Duration: 30minOns is in 'n (1) oorlog teen die bose geeste, maar die Here gee vir ons (2) die krag en die (3) strategie om te kan (4) oorwin! https://youtu.be/RUWJwe8Y6jA
-
Ps. 23:1-4| Psalms, Boek 1-Reeks: Die rus, versterking en nabyheid van ons Goeie Herder
19/09/2022 Duration: 25min(1) Jesus Christus is my Herder en Hy (2) gee my rus, (3) versterk my en (4) is naby my https://www.youtube.com/watch?v=SU9xUyG-lD0
-
Ef. 6:5-9| Efesiërs Reeks: Geesvervulde werknemers en werkgewers
12/09/2022 Duration: 34minGeesvervulde werknemers (1) wil hulle werk opreg en met integriteit asof vir die Here doen en (2)Geesvervulde werkgewers wil met dieselfde gesindheid hulle gesag uitoefen as mede-slawe van Christus. https://youtu.be/M9t40pB6pb8
-
Ps. 22| Psalms, Boek 1-Reeks: Godverlate maar toe ook deur God verheerlik!
05/09/2022 Duration: 29min(1) Christus is verlate, verag en het ontsaglike verlies gely, maar (2) Hy is ook verhoor, verheerlik en Sy redding word verkondig! https://youtu.be/hnx1bK7IMC0
-
Ef. 6:1-4| Efesiërs Reeks: Geesvervulde kinders en kinderopvoeding
29/08/2022 Duration: 33minGeesvervulde kinders (1) wil onderdanig wees deur hulle ouers se bevele uit te voer en (2) Geesvervulde vaders wil hulle kinders in wysheid met die opvoeding van die Here groot maak. https://youtu.be/VHDcUtPhR8I
-
Eks. 33:18-23| “Laat my tog u heerlikheid sien”
22/08/2022 Duration: 22min(1) Geen mens kan die Here se gesig sien en bly leef nie, (2) daarom laat Hy sy Naam hoor en (3) maak Hy ons toe onder Sy hande, sodat ons iets van Sy heerlikheid mag beleef. https://youtu.be/qmEK13Y3GrE
-
Ef. 5:31-33| Efesiërs Reeks: In die huwelik word twee, een
15/08/2022 Duration: 26min(1) Die huwelik illustreer vir ons die eenheid tussen Christus en Sy Kerk, (2) daarom moet man en vrou in hulle huwelik werklik een word. https://youtu.be/f-aOCNNZu5A
-
Ps. 21| Psalms, Boek 1-Reeks: Ons ‘volkslied’
08/08/2022 Duration: 22min(1) Die kerkvolk sing bly van die Messias se oorwinning deur die krag van God en (2) ons vertrou dat Hy ook in die toekoms sal seëvier https://youtu.be/7LMlGDNSAfg
-
Ef. 5:25-30| Efesiërs Reeks: Geesvervulde getroude mans
01/08/2022 Duration: 26minIn die Geesverulde huwelik gee die (1) Christenman in liefde sy lewe vir sy vrou en (2) hy het haar lief soos sy eie liggaam, soos die Here Jesus die Kerk liefhet. https://youtu.be/Tq3YkLiFGmw
-
Ef. 5:22-24| Efesiërs Reeks: Geesvervulde getroude vroue
26/07/2022 Duration: 31minIn die Geesvervulde huwelik is die (1) Christenvrou gewillig gehoorsaam aan haar man, (2) wat Godgewe outoriteit oor elke aspek van haar lewe het, (3) soos die Kerk gehoorsaam is aan die Here Jesus https://youtu.be/WCrF7ILjKik
-
Ef. 5:15-21| Efesiërs Reeks: Leef verstandig
18/07/2022 Duration: 36minDie Here wil hê, dat ons (1) wys leef en (2) vervul sal word deur die Gees. https://youtu.be/bck2xomSMF0