Gereformeerde Kerk Graaff-reinet
- Author: Vários
- Narrator: Vários
- Publisher: Podcast
- Duration: 49:32:12
- More information
Informações:
Synopsis
Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet: Geloof, Gawes, Gedrag. Preke en ander klankopnames.
Episodes
-
Geselekteerde tekste| Christene moet krities kan dink
25/04/2023 Duration: 34minChrsitene moet geoefend kan onderskei en hiervoor is dit nodig dat ons (1) die Waarheid ken (2) die leuen ontbloot en (3) die ervaring opdoen https://youtube.com/live/YvOEoqzEVEA
-
Ps. 24| Psalms, Boek 1 - Reeks: Wie is Hy?
17/04/2023 Duration: 27minDie Here is (1) die Almagtige wat alles besit, (2) wat Heilig is en (3) wat woon in Sy tempel https://youtube.com/live/GwEJqGBTqzk
-
Apostoliese Geloofsbelydenis Art. 5; 1 Kor. 15:19,20| Wat glo ek?
17/04/2023 Duration: 23min(1) Jesus het werklik opgestaan uit die dood en as ons dit glo (2) sal ons ook liggaamlik opgewek word uit die dood! https://youtube.com/live/66YkKerF3JE
-
-
Apostolicum Art. 4, Jes. 53:1-10| Wat glo ek? Reeks: Ek glo die lyding van Jesus Christus
05/04/2023 Duration: 28minEk glo (1) die lewenslange lyding, (2) kruisiging, (3) sterwe, (4) begrafnis en (5) neerdaling na die doderyk van Jesus Christus. https://youtu.be/vdLAYlpvwjU
-
Rom. 5:1-5| Wat is 'n Christen?
27/03/2023 Duration: 27min(1) 'n Christen is iemand wie se hart besny is, (2) om te glo in Christus, daarom (3) het hy vrede met God en (4) lewe vir God. https://youtube.com/live/ks3089wV6nc
-
Apostolicum Art. 3; Matt. 1:20b,23| Wat glo ek? Reeks: Ek glo die twee nature van Jesus Christus
22/03/2023 Duration: 27minEk glo (1) dat Jesus deur die Heilige Gees verwek en (2) uit die maagd gebore is en (3) daarom as ware God-mens my Middelaar is. https://youtube.com/live/oXuNlHILJFo?feature=share
-
1 Pet. 2:5| Ontdek jou roeping
13/03/2023 Duration: 31min(1) God roep ons om tot Christus te nader en (2) om as priesters geestelike offers te bring (3) wat vir God welgevallig is. https://youtube.com/live/jApHYY5DAhg
-
Apostolicum Art. 2; Kol. 1:15-20| Wat glo ek? Reeks: Ek glo in Jesus Christus
06/03/2023 Duration: 26minEk glo (1) Jesus Christus, Gesalfde Verlosser is (2) die unieke Seun van die Vader en (3) ons HERE https://youtube.com/live/MrwzJ-HlFC0?feature=share
-
1 Tim. 4:10,11| Die lewende God red ons sodat ons dit aan ander kan verkondig.
01/03/2023 Duration: 16min(1) Ons is dienaars van die lewende God wat moet besef dat (2) Ons hoop is te vinde in die lewende God (3) en daarom moet ons as voorbeelde verkondig ons Christus se redding aan ander. https://youtu.be/QBdfbVGvQ3E
-
Apostolicum Art. 1; Rom. 1:18-25; Gal. 4:6,7| Wat glo ek? Reeks: Ek glo in God die Vader
20/02/2023 Duration: 31minEk glo (1) daar bestaan 'n Drie-Enige God, (2) wat die Vader is van alles wat Hy geskep het en (3) ons in Christus aangeneem het as Sy kinders. https://youtube.com/live/HPvLnU79Zrg
-
1 Kor. 1:22,23| Soms is die Woordbediening onprakties
13/02/2023 Duration: 33min(1) Ons moet nie pragmatiese of humanistiese Skrif- en Wêreldbeskouings inneem nie, (2) want die Here roep en red deur die skynbaar onpraktiese en oneffektiewe verkondiging van die Gekruisigde. https://youtube.com/live/E_X1pggS6WU
-
Heb. 10:23 & Apostolicum| Wat glo ek? Ek glo...
06/02/2023 Duration: 28min(1) Ons moet weet wat die ononderhandelbares van ons geloof is en styf daaraan vashou, want (2) ons belydenis is ’n saak van hoop en vertroue dat God getrou is. https://youtube.com/live/F1cPgKmDgjI
-
Spr. 16:9| Ons beplan en God bepaal
30/01/2023 Duration: 25min(1) God neem ons beplannings in Sy diens om dit wat Hy bepaal uit te voer. (2) Daarom beplan ons en gee dit oor aan God. https://youtube.com/live/FaVUE7aenWY
-
1 Kor. 10:12,13| Die Here se beloftes wanneer ons versoek word
16/01/2023 Duration: 31min(1) Omdat ons verbonde is aan Christus en Hy getrou is, (2) waarsku Hy ons teen versoeking en (3) bemoedig Hy ons in versoeking https://youtu.be/j6cU8GbCrlo
-
Ef. 6:21-24| Efesiërs Reeks: Getroue dienaars van die Here
09/01/2023 Duration: 24min(1) Paulus stuur ‘n getroue dienaar van die Here (2) met ‘n boodskap van onverganklike liefde. https://youtu.be/Ex4NeBFi4TQ
-
Ef. 6:18-20| Efesiërs Reeks: In gebed neem ons die volle wapenrusting van God op
03/01/2023 Duration: 34minDie Here gee vir ons Sy wapenrusting wat ons moet opneem (1) deur te bid in die Gees en (2) ons moet ook bid vir mede-gelowiges en (3) die verkondiging van die Woord. https://youtu.be/dMUMd_QRSpk
-
Matt. 2:1-6,9-12| "Ons het sy ster gesien…"
28/12/2022 Duration: 33min(1) Die sterrekenners is vir ons die boodskap, dat die Here mense van ver bring, om aan Hom eer te bewys en (2) die boodskap van die ster is dat die Koning van die wêreld gebore is! https://youtu.be/tRI1C1971Qg
-
Efesiërs 6:10-13| In ons stryd moet ons kragtig word in die Here deur die wapenrusting van God.
19/12/2022 Duration: 37minDie oomblik toe God ons lewend gemaak het, het ons 'n nuwe stryd gekry om in die geloof te stry. As gelowiges word ons geroep om sterk weerstand te bied teen die Bose en teen die sonde. Ons is dus soldate wat geroep word om in 'n geestelike oorlog die stryd te voer, en 'n soldaat wat nie opreg en eg in sy hart en gedagte is nie, sal nie staande kan bly in hierdie oorlog nie. Daarom moet gelowiges deur die Here bekragtig word vir hierdie stryd, sodat ons kan staande bly teen die aanslae van die Bose. Terwyl die Here ons toerus vir hierdie stryd, roep Hy ons ook op om die wapenrusting wat Hy beskik, aan te trek. In die prediking hoor ons wat is die aard van die stryd (vv. 10-13) en ontvang ons die opdrag: bied sterk weerstand deur die wapenrusting (vv. 14-17) https://youtu.be/MyrvEzQIi-s
-
HK 29-30; V/A 78-80, Joh. 6:54-55 & Mat. 26:26-28| Die betekenis en verwantskap van brood en wyn met die liggaam en bloed van Christus.
12/12/2022 Duration: 35minGelowiges moet verstaan hoe Christus teenwoordig is by die Nagmaalstafel, sodat ons nie mislei word deur onbybelse idees nie. Hiervoor moet ons weet wat bedoel word met die instellingswoorde van ons Here Jesus by die Nagmaal. Wat beteken dit dan as Jesus sê: “(Hierdie brood) is my liggaam”, en “(Hierdie wyn) is my bloed”. In die prediking sal ons dan onder die volgende punte hoor presies hoe ons deur die deelname aan die Nagmaal waarlik gemeenskap met Christus se liggaam en bloed het: 1. Die liggaam en bloed van Jesus Christus in die nagmaal 2. Jesus Christus se teenwoordigheid by die nagmaal https://youtu.be/qxsbXNHAAJE